SASOLBURG GEMEENTE
'n Gereformeerde Kerk in Suid Afrika

God
Drie-enig Vader, Seun en Heilige Gees
God gee uit liefde
Ons Dien God Met Blydskap

Gemeente
Liggaam van Christus
|
Fisiese Adres: h.v. Van Eck en Faickney Str Sasolburg
GPS Koordinate: 26 48 41.74 S 27 49 44.54 E |
Predikant: Ds. Johan Schutte Huis Tel: 016 976 4027 Sellulere : 082 202 4227
Omgee Kantoor: Kantoor Ure: 09:00 tot 12:00 Weeksdae Telefoon: 016 976 7785
|
Eredienstye: Sondae: 09:00 Vakansies: 9:30
Katkisasie: Sondae: 08:00 |
|
GELOOFSBELYDENIS VIR VERSTANDELIKE GESTREMDE PERSONE
"Ek glo dat die Bybel die Woord van God is. Ek glo dat God, die Vader, alles gemaak het. Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. Ek glo dat God my lief het. Ek glo dat die Here Jesus vir my sondes aan die kruis gesterf het. Ek glo dat die Here Jesus opgestaan het uit die graf, en opgevaar het na die hemel. Ek glo dat Hy eendag weer sal kom ommy te kom haal. Ek glo dat die Heililge Gees gekom het om in my te woo. Ek het die Here Jesus Christus lief".
Bron: NG Kerk in Suid-Afrika
Ingestuur deur Edwin Müller
|
|
Preekskets van Sondag 5 September 2010 |
|
Tema:
Woordbediening: Openbaring 22: 6 – 21
Teksvers: Openbaring 22: 12 “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het.”
Loongeskille is deesdae aan die orde van die dag. Mense staak om daarmee te kenne te gee dat hulle dienste baie meer werd is as wat hulle betaal word.
In ons teksvers lees ons dat Jesus beloof het dat Hy by sy wederkoms die loon sal saambring vir die werk wat hy/sy gedoen het. Die beloning sal finaal, en waar en seker wees. As ons weet wat God in die Bybel onder loon verstaan, sal ons ook weet wat die beloning is waarvan ons Here Jesus in ons teksvers praat.
Die eerste aanduiding van beloning vir werk gedoen sien ons in vers 14: Die beloning waarvan Jesus praat is dieselfde as wat Adam en Eva in die paradys ontvang het. Hulle moes gehoorsaam wees, dan kon hulle tot in ewigheid in ware kennis en heiligheid voortleef.
Kan ʼn mens oor so ʼn beloning kla? Die Hebreeuse en Griekse woorde vir beloning in die Bybel hou verband met vergoeding, skuldvereffening en lone. Van Genesis tot Openbaring speel beloning ’n belangrike rol.. Die taak vir God se beloning is geloofsvolharding. Die beloning is om die paradys terug te kry.
Mag u en ek onder die geseëndes wees.
Amen |
|
Besoeker Nommer: |
|
|
Ontkenning:
Die Gereformeerde Kerk Sasolburg gee nie enige waarborge of ander versekering met betrekking tot die inhoud van materiaal wat op hierdie webtuiste verskyn nie, die akkuraatheid daarvan, volledigheid of geskiktheid vir enige spesifieke doel nie. Verder word relevante eksterne webtuistes waarmee geskakel word nie deur die Gereformeerde Kerk Sasolburg beheer nie en gevolglik kan ons nie die versekering gee dat dit akkuraat, op datum of volledig is nie. Die Inligting vervat in sulke eksterne webtuistes verteenwoordig nie noodwendig die sieninge van die Gereformeerde Kerk Sasolburg nie.
Webblad ontwerp vir "Microsoft Internet Explorer 7.0" - 1024 X 768 skerm resolusie.
| |