SASOLBURG GEMEENTE
'n Gereformeerde Kerk in Suid Afrika
Webmeester: Gert Duvenage
SASOLBURG GEMEENTE
'n Gereformeerde Kerk in Suid Afrika
Evangelisering
DIE VERHAAL VAN ONS GEMEENTE
Lank lank gelede het God dit so beskik dat hier by ons steenkool gevorm is deur organiese
materiaal wat saamgepers is. Sowat 60 jaar gelede het die mense begin om petrol
en ander chemiese produkte, bv was, uit hierdie steenkool te vervaardig. Uit verskillende
lande het wetenskaplikes en ambagsmanne hierheen gekom om ‘n aanleg te bou en ‘n
nuwe dorp te vorm. Baie van hulle was gelowiges en daar het gou gemeentes ontstaan
-
Ons het verskillende tye van groei en krimp beleef. Tans is ons wat getalle betref
in ‘n krimp-
Hierdie genade van God beskryf ons graag met ‘n beeld uit ons eie omgewing: “Al was ons van sonde so swart soos steenkool, ons sal wit word soos was.” (Vgl Jesaja 1:18)
Jy is welkom om een van ons eredienste of bybelstudie groepe se byeenkomste by te woon en meer van hierdie genade van God te hoor.