HOEKOM OMGEE?
- Vir God se koninkryk
Om daardeur God se koninkryk uit te brei en liefde aan my medemens te bewys.
Ons Vader inspireer ons en verwag van ons om vir ons medemens om te gee en na hulle
uit te reik -
2. Die Here stel die voorbeeld!
Matteus 25: 37 - Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: “Here, wanneer
het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en u iets gegee om te drink? 38 -
En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien en u gehuisves, of sonder klere, en vir
U klere gegee? 39 - Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?
40 - en die Koning sal hulle antwoord: “Dit verseker ek julle: sover julle dit aan
een van die geringste van hierdie kinders van My gedoen het, het julle dit aan My
gedoen.
3. Uit liefde vir my medemens
Matteus 22: 39 - Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
4. Help en ondersteun die leiers
5. Omgee verryk ons lewe in Christus
Efesiërs 2: 10 – God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons
geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.
WAT IS OMGEE
- Ondersteun in tye van teëspoed.
- Wees bly saam met die wat bly is.
- Luister met deernis.
- Bemoedig en vertroos.
- Doen voorbidding.
- Besoek en skakel.
- Gee raad.
- Help
HOE KAN EK HELP?
- Gee jou naam op.
- Reik uit na mense.
- Kyk vir omgee geleenthede.
- Doen self iets daaraan.
- Maak omgee ‘n lewenswyse
OMGEEKANTOOR
- Waar? Die omgeekantoor is agter in die konsistorie ingerig sedert 23 Februarie
2009.
- Wie? Vrywilligers uit die gemeente beman die omgeekantoor.
- Omgeekantoor ure: Maandag tot Vrydag vanaf 09h00 tot 12h00
DIE OMGEEKANTOOR BESKIK OOR:
- ADSL lyn 24/7 vir internet.
- Rekenaar en drukker.
- Telefoon 016 976 7758
- Dagboek
- Kennisgewingsborde
- Koffie en tee!
ONS SKAKEL MET:
- Alle gemeentelede.
- Senior lidmate.
- Siekes en hul familie.
- Nuwe intrekkers.
- Gemeentelede word persoonlik geskakel met verjaarsdae.
- Ouderlinge en diakens en wyksuksters
ONS HELP MET
- Vervoerprobleme.
- Klein herstelwerkies.
- Inkopies.
- Versorging.
- Besoeke.
- Gemeenskapsprojekte
HOE WORD GESKAKEL
- Massa SMS’e
- Internet (www.gksasolburg.co.za)
- E-pos (gksasolburg@mweb.co.za)
- Persoonlike gesprekke.
- Persoonlike besoeke
OMGEEPROJEKTE REEDS SUKSESVOL AFGEHANDEL
- Inrig van Omgeekantoor.
- Opdateer alle telefoonnommers van gemeentelede.
- ‘n Databasis vir die stuur van massa SMS’e is daargestel.
- Web-adres vir ons gemeente is ontwerp en reeds operasioneel.
- E-pos adres vir ons gemeente is ingestel.
- Oukersaand 2008 – geskenkies aan senior burgers en kinders.
- Worsbroodjies en Pannekoekaand – ten bate van kinderhuise (warm nagklere en pantoffels).
- Verjaarsdagboodskappe oor RSG vir lidmate abo 80 is ingestel.
OMGEEDIENSTE REEDS OP DREEF
Vars blomme word elke Sondag oggend tydens die erediens voor in die Kerk geplaas.
Daar word vooraf besluit aan wie die omgeeblomme gaan en word die naam van die betrokke
gemeentelid tydens die diens aangekondig.
Na afloop van die diens word die omgeeblomme deur lidmate van die gemeente as ‘n
teken van omgee en ondersteuning by die betrokke lidmaat se huis afgelewer.
- Omsien na bejaardes.
- Skakeling met ouderlinge, diakens en wyksusters asook gemeentelede.
- Uitreik na kinderhuise
ONS OMGEELEUSE:
- Komaan, kinders van God, ons kan nie net hier staan en kyk nie, hoe kan ons help?
AMEN